Louw en van Deventer Rekenmeesters
Len Louw het in 1973 begin praktiseer as gekwalifiseerde rekenmeester by Boland Bank waarna hy in 1979 geskuif het na die rekenmeesterspraktyk, Du Toit Esterhuyse & Van Lill. In 1980 begin hy ‘n praktyk in vennootskap met Manie Strydom genaamd Louw & Strydom Rekenmeesters. In Januarie 2001 het hy sy eie praktyk geopen genaamd Len Louw Rekenmeesters.
Leon van Deventer het in Mei 2001 begin as rekeningkundige klerk en homself opgewerk totdat hy Len Louw se vennoot geraak het in Maart 2008 en het die praktyk se naam verander na Louw & Van Deventer Rekenmeesters.
In Maart 2021 is ‘n nuwe maatskappy gestig naamlik LVD Rekenmeesters (Edms) Bpk handelend as Louw & Van Deventer Rekenmeesters.
Met die jare het die praktyk se klientebasis aansienlik gegroei en kon die praktyk elke kliënt se behoeftes bevredig. Ons het ook tans 3 Unisa studente wat werk aan ‘n Bcompt kwalifikasie.